LEER OP DIE REGTE MANIER
Vind hier kwaliteit studie hulp middels vir ‘n hupstoot!
Vind Hieronder Skakels Na Flitskaart Opsommings Gepas Vir Jou Graad
Hierdie skyfies kan soos flitskaarte gebruik word. Die gebruik van flitskaarte is ‘n beproefde en goed nagevorsde memoriseringstegniek. Die sleutel idee is dat herhaaldelike toetsing, met intydse terugvoer, meer effektief is, as wanneer iemand die studie materiaal slegs herhaaldelik lees. Meer inligting oor flitkaarte is hier beskikbaar.
Elke nuwe skyfie bevat ‘n vraag. Die antwoord word vertoon deur animasie, wanneer jy kliek. Jy kan jouself toets, deur die antwoord te probeer onthou, voordat jy kliek. Die kliek verskaf onmiddellike terugvoer of jy reg onthou het. Jy sal jou studie materiaal baie vinniger baasraak as jy hierdie herhaalde “toetstegniek” gebruik, as wanneer jy jou boek off studienotas slegs weer en weer lees.
Toepaslike prentjies is met sorg uitgesoek om die konsepte te versterk.