Hierdie is ‘n inisiatief om aan Gr11 RTT leerders ‘n leerhulpmiddel beskikbaar te stel. Dit bestaan uit flitskaart skyfies wat die handboek studiemateriaal dek sowel as aflaaibare vorige vraestelle (met memo’s).

Elke nuwe skyfie bevat ‘n vraag. Die antwoord word vertoon deur animasie, wanneer jy kliek. Jy kan jouself toets, deur die antwoord te probeer onthou, voordat jy kliek. Die kliek verskaf onmiddellike terugvoer of jy reg onthou het. Jy sal jou studie materiaal baie vinniger baasraak as jy hierdie herhaalde “toetstegniek” gebruik, as wanneer jy jou boek off studienotas slegs weer en weer lees.
Toepaslike prentjies is met sorg uitgesoek om die konsepte te versterk.

Dis meer effektief om eerste die vrae te probeer beantwoord voordat die regte antwoorde onthul word, as om passief deur te lees.


Die afdeling vir Afkortings, Teminologie en Vergelykings is noodsaaklik vir eksamen voorbereiding. Onthou net dit is slegs ‘n uittreksel van die geheel. Jy moet nog steeds die afsonderlike modules se werk óók lêer.

Onthou om die graad 10 studie materiaal te hersien!